My pappa, ons hero
Fundraising campaign by
Melissa Ras
-
ZAR6,110.00raised of R280,000.00 goal goal
The campaign owner has stopped the page from accepting further donations. Please contact them if you'd still like to donate
Campaign Story
Dag sê aan almal wat my briefie lees.
My naam is Melissa, ek is die jongste dogter van Paul en Laetitia Ras. Ons is geseen met die wonderlikste ouers ooit.
Dit is erg om vandag hier te sit en te vra vir hulp maar ek weet nie waar om te begin nie. Ons gesin se lewens het verander op 16 Januarie 2020 toe ons uit gevind het dat ons wonderlike pappa 3 kankerselle in sy prostaat het.
Ons het as n familie saam gesit en maar net gestaar na mekaar en kon niks uit kry nie. Gedagtes wat deur n mens se kop hardloop op daardie stadium en antwoorde wat mens nie altyd sal kry nie is hartverskeurend.
Maar hoe kan so iets gebeur met die hero van ons familie, die persoon waarna ons almal op kyk, die persoon wat altyd daar is vir almal van ons, wat ons versorg en groot gemaak het. Hoe kan dit met pappa gebeur?
Dit maak die seerste want ons sal nooit weet nie, my pa het my geleer dat alles in die lewe met n rede gebeur.
Hierdie afgelope jaar wat pappa al agter die rug het en pappa staan al die pad so so sterk maak ons almal bitterlik trots.
Middel laas jaar het my pa nog vir n oog operasie gegaan, ons betaal daardie operasie se skuld ook nog af, dit voel of alles net ‘’snowball’’ maar ek weet daar gaan n lig in ons tonnel wees.
Dit is nie net pappa wat deur die gaan nie, ook nie pappa wat alleen dit moet ‘’face’’ nie dit is ons as n gesin wat saam pappa deur die gaan, want saam is ons sterker en ons Rasse gee nie net op nie. Ons staan altyd saam.
Daar kom n tyd in mens se lewe waar n mens jou trots in die sak moet steek en vra vir hulp, die is my manier om te probeer bydra waar ek kan.
Die operasie en behandeling wat my pa nodig het is nogal n hengse bedrag. Die gelde wat ek gaan probeer insamel vir my pa gaan vir die volgende.
Hospitaal, behandeling, operasie en die dokters alles kom op n bedrag van ongeveer R280 000.00. (ek weet dit is baie geld)
Ek vra groot asb uit die diepte van my hart om asb my te help om bietjie van die fondse in te samel sodat my pappa kan gaan vir die operasie en behandeling.
Ek het die go get funding begin met die hoop dat daar mense is wat bereid is om te help al is dit n klein donasie elke bietjie help op die ou einde van die dag.
Ons hele gesin sal elke donasie opreg waardeer en ons kan dan konsentreer op my pappa se gesondheid en laat hy beter word.
Ek wil byvoorbaat baie dankie se vir almal wat bereid is om by te dra. Dit beteken regtig so so baie vir ons as n gesin.
Groete
Melissa
Organizer
- Melissa Ras
- Campaign Owner
Donors
- Anonymous
- Donated on Jan 27, 2020
- Anonymous
- Donated on Jan 25, 2020
No updates for this campaign just yet
Donors & Comments
- Anonymous
- Donated on Jan 27, 2020
Sterkte Melissa, Paul en familie..mag die Here se genade julle krag gee en die siekte sal oorwin word. Bid vir julle. Jan en Benetta Engelbrecht
- Anonymous
- Donated on Jan 27, 2020
- Anonymous
- Donated on Jan 25, 2020
- Anonymous
- Donated on Jan 24, 2020
- Anonymous
- Donated on Jan 23, 2020
- Melissa Ras
- Posted On Jan 22, 2020
Baie dankie Annette ons waardeer dit vreeslik baie.
- Annette Van Niekerk
- Donated on Jan 22, 2020
- Melissa Ras
- Posted On Jan 20, 2020
Thank you so so much.
- Joanna Le roux
- Donated on Jan 20, 2020
Im so sorry to hear this. Hope this helps.x
- Johan Malan
- Donated on Jan 19, 2020
Die Here sal voorsien
Sterkte Melissa, Paul en familie..mag die Here se genade julle krag gee en die siekte sal oorwin word. Bid vir julle. Jan en Benetta Engelbrecht