Mar 25, 2019 at 12:19 pm

Pamflet pakke by Vrystaatse Vrouekonferensie

Update posted by Berlise Louwrens

Op Saterdag 16 Februarie het Janette Hurter, CLF se boekwinkelbestuurder in Bloemfontein, die CLF-uitstalling by die Vrystaatse Vrouekonferensie behartig.

Bo en behalwe die uitstalling het dr. Carin van Schalkwyk met haar spreekbeurt die 300 vroue wat dit bygewoon het, van CLF se missie en bedieninge vertel.

Elkeen van die 300 vroue het ʼn pak CLF pamflette ontvang wat Afrikaans, Engels en Sotho ingesluit het.

Buiten om hierdie vroue te bemagtig met ondersteunende Christelike leesstof vir hul kerke en gemeenskappe, stel dit hulle ook in staat om met Skrifgetroue pamflette oor aktuele sosiale kwessies met mense te gesels.

CLF se gratis pamflette handel oor ʼn verskeidenheid onderwerpe en kan aanlyn bestel word.

Back to campaign page