Jan 16, 2020 at 09:06 am

Shania-Lee verjaar

Update posted by Berlise Louwrens

Shania-Lee Mayoss, CLF se Een Miljoen Bybels-projek ambassadeur in KZN het op 10 Januarie verjaar! Hierdie veertienjarige is passievol vir Jesus - werklik 'n skat in Sy Koninkryk.
Shania-Lee neem elke dag Jesus se liefde en die boodskap van hoop en genade waar sy ookal gaan. CLF bid haar 'n wonderlike en geseënde verjaarsdag en jaar toe!

Selfs tydens haar skoolvakansie het sy Kinderbybels en lekkerpakkies voorberei en na die Sonskynhoekie woonpark in Pretoria gereis om kindertjies met hulle eie Bybel te gaan seën.

Die Bybelprojek het in Desember 2019 die 100 000 merk van kinders wat hulle eie Kinderbybels ontvang het bereik. Help Shania-Lee en CLF om in 2020 nog vele meer kinderharte na Jesus te lei.

Back to campaign page