Feb 18, 2019 at 12:12 pm

Hoop aan leerders van Hoërskool Driehoek en Vaaldriehoek gemeenskap

Update posted by Berlise Louwrens

Die gebrokenheid en seer na die traumatiese ongeluk by Hoërskool Driehoek was steeds tasbaar toe Shania-Lee en haar ouers om Donderdagmiddag 14 Februarie, uit Natal by die Vaaldriehoek skool aankom.

Dit was Shania-Lee se begeerte om aan die 24 beseerde kinders elkeen ʼn Bybel te gee om hulle so aan die Here se liefde en beskerming te herinner en om hoop te bring aan ʼn gemeenskap waar die hartseer steeds sigbaar is. Sy het ook aan die oorlede leerders se broers en susters Bybels oorhandig.

Volgens Shania-Lee was daar 'n ongelooflike geestelike gevoel wat by die skool geheers het.

Deel van haar besoek was ook aan die Go Purple Foundation waar sy CLF se gratis pamflette oor aktuele kwessies oorhandig het. Annari en haar span van Go Purple Foundation het te make met kindermishandeling, alkohol- en dwelmmisbruik en trauma onder kinders.

Die nood en behoefte was duidelik op die kindertjies se verslae gesiggies om ook hulle eie Bybels te wil hê.

Bo en behalwe haar besoeke het sy twee onderhoude met Radio Overvaal gehad en mense van CLF se Bybelprojek en haar rol vertel. Sy het 'n hele paar planne om die gemeenskap se finansiële ondersteuning te vra om sodoende Bybels aan al die leerders te kan gee.

Jesus sê in Matteus 9:37 “Die oes is groot en die arbeiders min”. Hoe gaan jy vandag ʼn lewe verander en vir die moeë en moedeloses hoop bring?

Back to campaign page