Hoe Nou

  • ZAR700.00
    raised of R120,000.00 goal goal
0% Funded
3 Donors

The campaign owner has stopped the page from accepting further donations. Please contact them if you'd still like to donate

Help this ongoing fundraising campaign by making a donation and spreading the word.
Show more
Show less

Die lewe is nie so maklik as jy deur die kreatiewe stok geslaan is tydens geboorte nie. Jy gryp na allerande hangende halms wat jou moontlik n kans sal bied om die kreatiewe wese wat jy is, te laat floreer. Maar dis dan hoe jy na 40 jaar steeds lyk. Soos iemand wat in n rave-klub, na n paar pille, die ligte om jou probeer vang. n Egskeiding en n virus maak dit verseker nie veel makliker nie. Ek is nou n nommer op die statistieklys. So óf jy trek daai baadjie aan, óf jy maak n plan. En hier is my plan. Behalwe vir die feit dat ek daaroor kan skryf en dat ek in my suster se huis bly in n ander provinsie as my kinders omdat ek nie geswot het om n dokter of argitek te wees nie, is ek ook geïnspireerd om te skryf. Ek's nie stupid nie. Ek kon net nooit lank genoeg stilsit om kennis in te neem nie. Toe leer ek maar van die mens en sy dinge en wil daaroor skryf. Die nare waarheid wat jou bietjie anders na jouself laat kyk. Of sommer net sketse van wat ek voor my sien. Die ongemaklike waarheid soms. Dikwels met n ligte stekie in n rigting van mense vir wie die skoen pas. Altyd eerlik.

Ek moet my kinders minstens een keer n maand gaan besoek, anders gaan die boek n treurspel raak en niemand het meer tyd vir dit nie.

Ek moet kan rook en wyn drink, anders gaan die boek soos werk voel. En ek skryf nie state of verslae nie.

Ek moet eet.... Soms.

Ek moet een keer n week kan sosialiseer. Want hoe de moer skryf jy oor mense as jy hulle nie sien nie?

Ek moet n persoon betaal om my kak spelling na te gaan. Die res doen ek self.

Dis dit.

Ek gee myself drie maande.

So as jy glo ek kan dit doen, support my. Anders kan jy fokkof.

Organizer

  • Etienne Janse van Rensburg
  •  
  • Campaign Owner

Donors

  • Anonymous
  • Donated on Oct 20, 2020
Amount Hidden
  • Anonymous
  • Donated on Sep 01, 2020
  • Baie sterkte!

R300.00
  • Anonymous
  • Donated on Sep 01, 2020
Amount Hidden

No updates for this campaign just yet

Donors & Comments

3 donors
  • Anonymous
  • Donated on Oct 20, 2020
Amount Hidden
  • Anonymous
  • Donated on Sep 01, 2020
  • Baie sterkte!

R300.00
  • Anonymous
  • Donated on Sep 01, 2020
Amount Hidden

Followers

2 followers
Diana Slade
Marius Pretorius
ZAR700.00
raised of R120,000.00 goal
0% Funded
3 Donors

No more donations are being accepted at this time. Please contact the campaign owner if you would like to discuss further funding opportunities

Help this ongoing fundraising campaign by making a donation and spreading the word.

Not Ready to Donate?

Did you know a 10 second Facebook share raises an average of R25?

Share on Facebook