Ek as ouer van Laerskool Slot van die Paarl is ongelooflik trots op die 8 leerders wat gekies is tot die buiteskole sporttoer.
Die kostes van die toer is egter R700 per leerder en ek wil graag verseker dat al 8 ons leerders die toer kan meemaak.
Jou bydrae sal help om die volgende te verwesenlik
- 50% (R350) borg van elke leerder se toerkoste
- R150 sakgeld per leerder.
- Busvervoer
Kom ons ondersteun ons toekomstige sportsterre!