May 07, 2019 at 02:20 am

Onthou Jy Nog

Update posted by Petrus viviers

St Lucia - Onthou Jy Nog

St Lucia het n warm plekkie in baie Suid-Afrikaners se harte. Hier was familie bande gesmee tussen Vaders en Seuns Vader en Dogters, Moeder en Seuns en Moeder en Dogters... Tussen Broers en Susters ... Neefs en Niggies... Tiener Harte is verloor en gebreek, maar die Nostalgie sal ons nooit ontbreek.

Onthou Jy Nog

Die Diep Blou water wat die See en die Estuarium met mekaar verbind.

Onthou Jy Nog

Die Gety wisseling tussen die See en die Meer

Onthou Jy Nog

Die Mangliet Wortel Bome

Die Klein Mudskippertjies

Die Viool Krappies

Onthou Jy Nog

Die Diep Blou water vol Harders

Die Springende Garnale

Die Springers

Onthou Jy Nog

Die Groen Gras walle

Die Piekniek Plekkies wat uitkyk oor die water

Onthou Jy Nog

Die bootjies op die meer

Elke Oord se Kaai gebou uit sterk dik planke

Die Voetpaadjies Die Vars Lug Die Toeganklikheid van die strande. Die groot Denne Bome skadu bied. Die Groot Vis, Kabeljou, Knorhane, Skelm Jannies en die Nondi Plaag.

Wel ons kinders het nie meer daai voorregte wat ons gehad het nie. Ons kinders is dit ontneem deur Wêreld Erfnis Status.

Met hierdie veldtog wil ons UNESCO vra om ons erfenis te herstel of terug te gee.

Ons Kinders se Kinders moet kan beleef wat ons ervaar het. Ons skuld hulle n werkende Estuarium. Ons Skuld hulle Skoon Suurstof. Ons Skuld hulle gesonde oseane.

Die alles begin by herstel van die mees belangrike lewens gewende ekosisteem op aarde.

Sluit aan by my veldtog Herstel St Lucia... en kom ons maak St Lucia Groot... En Gesond .. soos ons dit onthou.

Stuur asseblief julle foto's, Stem Grepe en Videos soos julle dit onthou dat ons dit kan deel.

Petrus Viviers

StLuciaOrgZa

0813427371

StLuciaOrgZa TVh

https//www.youtube.com/user/thestluciaestuary

Back to campaign page