Mar 25, 2019 at 12:22 pm

McGregor polisie deel pamflette uit

Update posted by Berlise Louwrens

Elke jaar plaas sersant Wentzel, landelike areabestuurder van die McGregor polisiestasie, ‘n bestelling by CLF vir gratis pamflette. Hierdie pamflette word uitgedeel aan skole in die gemeenskap se kinders, werkers of enigiemand met wie hulle in aanraking kom.

CLF se gratis pamflette ondersteun regeringsinstansies, maatskaplike en welsynsorganisasies om die evangelie aan mense te bring. Daar is ook ‘n wye verskeidenheid pamflette wat oor sosiale/maatskaplike kwessies handel wat mense kan ondersteun en leiding gee oor waar hulle hulp kan kry.

Back to campaign page