Feb 17, 2020 at 09:01 am

Izwi Lokuphils church in Christ ontvang Zulu Bybels

Update posted by Berlise Louwrens

Die Izwi Lokuphils church in Christ is op 10 Februarie 2020 geseën met Zulu Bybels van CLF. Shania-Lee het die Bybels aan Godfrey Ngobese, wat dit namens sy kerk in ontvangs neem, oorhandig.

Kuswag skool skryf die volgende:

Een van ons algemene werkers, Mnr. Godfrey Ngobese het Vrydag met 'n groot glimlag, Bybels ontvang van ons eie Graad 8 leerder, Shania-Lee Mayoss, (CLF se Een Miljoen Bybels Projek ambassadeur in KZN).
Godfrey het self vir Mev. Wijnmaalen, Kuswag Skool se VCSV Jeuggroep onderwyser, gevra of dit moontlik is om Bybels in isiZulu te kry, toe hy gesien het dat sy kerk se jeuggroep "Izwi LokuPhila - Church in Christ" 'n behoefte gehad het daarvoor.

Ons is baie dankbaar dat Shania-Lee en die CLF aan hierdie behoefte kon voorsien <3 en die glimlag op Godfrey se gesig sê ALLES 😄🙏 Ons is saam jou bly Godfrey, baie geluk!

Image may contain: 2 people, people standing, child, shoes, tree and outdoor

Image may contain: one or more people, people sitting and shoes

Image may contain: 1 person, beard and outdoor

Image may contain: 1 person, standing and beard

Back to campaign page