Feb 11, 2019 at 07:39 am

Kinderbybels in hulle eie taal

Update posted by Berlise Louwrens

Shania-Lee het op Sondagoggend, 10 Februarie, 25 Zulu Kinderbybels aan Florence Hlophe van die Methodist kerk oorhandig.

Dit is CLF se Bybel-projek droom om elke kind met hulle eie Bybel, in hulle eie taal, te seën. Ons visie is kinders wat sal weet hoe om hul geloof prakties uit te leef, in wie se lewens Bybelse waardes gevestig sal word en wat moreel toegerus sal wees as die leiers van môre. Daarbenewens word kinders aangemoedig om in hul eie taal te lees met die daarstelling van 'n leeskultuur vanaf ‘n jong ouderdom.

Back to campaign page